Accelerate to Excellence

Meer oor ons

Wie is Limpopo vir Jesus?

Dit is `n groepie gelowiges wat bymekaar gevoeg is en besluit het om `n verskil te maak in mense se lewens, in hulle dorp en ook in hulle provinsie. Met behulp van die webwerf be-oog ons om almal in Limpopo te bereik en met hulle die goeie nuus te deel dat Jesus lewendig is, in jou en my. Ons wil die mense help om hul indentiteit in Christus te ontdek sodat Sy volheid in hulle kan kom. Die rede hiervoor? As ons weet wie ons in Christus is, en Wie Christus in ons is, sal ons die wonderlike lewe kan lewe wat God deur Jesus vir ons bewerk het en so tot volle kindskap van God kom, ware ‘seuns van God’.

Romeine 8:19 sê dat die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die seuns van God.

 

Onthou daar is drie dinge wat God nog nooit gesien het nie :

  1. `n Persoon, buiten Jesus wat nog nooit sonde gepleeg het nie.

Rom 3:23 “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God”

  1. `n Persoon vir wie God nie lief is nie.

Joh 3:16 “want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het; sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

  1. `n Persoon wat God nie kan red nie.

Rom 10:13 “want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

GOD HET JOU LIEF