Accelerate to Excellence

JOHNNY LOUW

JohnnyHy is gebore op 9 Desember 1972 in Calvinia.

Op 4 jarige ouderdom is sy pa oorlede en as jong seun het hy deurentyd gesoek na sy eie identiteit. ‘n Soektog wat hom deur baie hartseer, ontnugtering en rebellie geneem het.

Hy begin sy loopbaan as ‘n polisieman en hier raak hy betrokke met dwelmmiddels. Hier begin ‘n lewe van dubbele standaarde.

In 2000 besluit hy om die polisie se diens te verlaat en word hy ‘n sakeman.

Na ‘n lewe van drank, dwelms en geld, wat hom laat met self haat, vreeslike skuldgevoelens en selfbeskuldiging, besluit hy dat daar vir hom niks in die lewe oor is nie en dat die enigste uitweg is om selfmoord te pleeg.

Dit was die dag wat ‘n wonderwerk plaasgevind het, wat sy lewe vir altyd verander het. Hy het Jesus ontmoet.

God het sy lewe oorgeneem en hom uit die pit van selfbejammering gered en aan hom die taak opgelê om SY boodskap van verlossing te verkondig.

Vandag is hy n voltydse evangelis en motiverings spreker. Sy passie is kinders en om hulle te help en te waarsku het sy ministerie geword.

Hy het reeds meer as 300 skole toegespreek en het hy reeds 120 interdenominale mansgroepe help stig. Hy het ook al meer as 450 gemeentes landwyd besoek.

Jy kan sy web blad besoek by www.wildestem.com

Johnny Louw Oordenkings (Kliek om te luister)

Johnny Louw Devotions (Click to Listen)