Accelerate to Excellence

Tuis

 


 

As jy aan God dink, of as jy die woord God hoor, hoe lyk die prentjie wat jy vir jouself skets in jou gedagtes?

Watse prentjie het jy van God?

Wie het jou gehelp met jou prentjie van God?

Baie mense het hierdie konsep van God wat rondom ons is, wat buite alles of daar bo is, `n God wat die wêreld gemaak het en alles daarin en nou terug sit en vanaf `n afstand alles dop hou, `n God wat daar is in tye van nood as jy hom nodig het.

Hier is die goeie nuus : Hy wil nie ʼn God wees wat daar bo is nie, Hy wil in jou woon! Dit doen Hy vir almal wie Jesus koning van sy lewe maak. Indien jy wedergebore is woon HY IN JOU!

 

Kolossense 1:26-29:

“naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,

aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid, Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens inalle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel,

Waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wait in my werk met krag.”

 

1 Korinthiërs 3:21-23

“Laat niemand dan op mense roem nie,want alles behoort aan julle,

of dit nou Paulus is of Apollos of Cẻfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge – alles behoort aan julle;

maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.”